God het gesê:
Liefde arriveer op baie maniere. Somtyds word liefde net stilweg opgemerk waar dit nog altyd was. Somtyds storm liefde in soos 'n donderde trop perde wat gallop uit die Weste. Daar is geen beperkings hoe liefde kan bars in blom nie.
Somtyds lyk dit of liefde niks meer is as 'n towerkuns nie, en somtyds blom liefde en hou vir ewig soos 'n ontluikende roos in jou hart. Somtyds, die feit alleen dat jy weet dat liefde bestaan is genoeg om rose in jou kieste te sit.
Jy jouself mag dalk nie jou harts begeertes het nie, maar om te weet dat iemand het ware liefde voel goed vir jou hart. Dink net daaraan - liefde bestaan. Jy waardeer liefde, en daardie waardering kom van liefde binne jou. Jy is bly dat iemand het 'n groot liefde.
My kinders kommer oor die permanentheid van liefde. Jy mag dit nie gereeld sien nie - liefde wat hou. Vir jou, dalk, om verlief te word is soos om van 'n krans af te spring. Waar jy land, weet niemand nie.
Wat ookal die toekoms van jou liefde, jy dra by tot dit. Liefde behoort aan jou, maar jy kan nie net daar sit asof jy nie 'n vennoot is in aankoms van liefde nie.
Sien om na jou eie liefde. Jou liefdelikheid is jou eie. Sien om na jou eie liefde dan. Jy kan nie iemand anders se liefde teenoor jou bestuur asof jy die sê het nie. Jy kan liefde gee, maar jy kan nie 'n ander se liefde bestel of opdrag gee nie. Jy besit nie 'n ander se liefde nie. Jy kan net jou eie God-gegewe liefde gee.
Gereeld weet jy in elk geval nie wat liefde is nie. Te veel kere noem jy gehegtheid liefde, en jy hou te styf vas. Liefde kan nie besit word nie. As jy probeer om te besit, verdruk jy die liefde van 'n ander se hart. Jy wil nie liefde te styf druk nie.
Liefde word geleef. Liefde is vryheid. Liefde is soos groot spiere wat kettings kan breuk wat jou in die tronk sal laat. Dit is die sagte hart wat kettings breuk. Jy is verantwoordelik om jou eie kettings te breuk, en, so, jy omhul nie ander in kettings nie.
Daar is geen moet omtrent liefde nie behalwe dat jy toelaat dat jou eie liefde floreer.
Liefde is wonderlike teater, en jy moet eenvoudig net wag en kyk. Liefde hoef nie getel te word nie. Liefde is nie 'n rekening wat betaal moet word nie. Liefde is vry. Dit kan nie geboei wees nie. Jy kan nie die beslisser wees van 'n ander se liefde en hoe 'n ander se liefde moet lyk nie.
Somtyds is liefde 'n besoeker wat nie lank bly nie. Somtyds is jy die gasheer wat jammer is om die besoeker sien gaan. Dit is nie vir jou om oor te kla nie. Waai totsiens aan die besoeker wat gaan. Glimlag en waai 'n soen. Jou welkome besoeker het elke reg om te gaan. Dit is nie vir jou om hom of haar opgesluit te hou nie. Die Lewe het sy eie tydsberekening, selfs al is tyd illusie.
Al hierdie lewe op Aarde is gevul met illusie.
Die liefde wat jy begeer mag in 'n verskillende dimensie bly van wat die wêreld jou huidiglik bied van homself. Liefde kan nie vereis word nie. Eise werk nie. 'n Aangesteekte vuurhoutjie kan nie altyd 'n vuur begin nie. Die klimaat moet net reg wees. Jy kan nie aanneem dat jy 'n fors is wat sterker is as die wind wat waai nie.
Liefde is nie jou yo-yo nie. Jy hou nie die string tot 'n ander se liefde nie. Liefde moet sy eie pad gaan.
Waarlik, liefde is nie iets wat geleer kan word nie. Jy moet jou eie hart oop maak om liefde te ervaar. Beslis, jy mag dink dat jy het 'n paar crash kursusse in liefde gevat en gefaal. Daar is modelle vir jou om na te kyk. Nie om jouself mee te vergelyk en jouself mee plat te slaan nie, nee, maar kyk na daardie wat lyk of hulle weet hoe om te lief en jy bly is voor.