God het gesê:
Wat 'n kursus wat jy op is in die Lewe! Wat 'n werkwaardige kursus! Wie sou dit kon dink, dat jy sal wees waar jy nou is? En jy is nog nie klaar nie. Jy gaan rond en rond. Hoe en waar jy eindig die keer rond, weet jy nie. In terme van die wêreld, niemand weet nie. Ek weet. Almal keer terug na My.
Die Lewe is iets, is dit nie? Die Lewe is gevul met alles, en alles beteken eindelose moontlikhede. In die wêreld, is die Lewe 'n verloop van tyd. Vir jou is, die Lewe, jou lewe, belangrik.
Liewe Een, jy weet nie die halfte van dit nie. Jy begin nie om te weet wat jy bemark in die wêreld nie. Wat se handelware verkoop jy in die wêreld? Wat se onsigbare ware gee jy ook eenvoudig vry van jou hart? Tot wat dra jy by? Hoe het dit gebeur? En wie se verantwoordelikheid is dit?
Op een of ander manier, dra jy by tot iets. Jy gee lig. Jy is gebore van lig, en lig is jy. Jy moet lig manifesteer in die wêreld. Laat jou lig helder wees. Dit was alreeds gesê dat jy die Lig van die Wêreld is. So wees dit.
As jy dink dat jy die afsaksel van die wêreld is, maak jy 'n fout. As jy dink die lewe is om oor te kla, maak jy 'n fout. As jy jouself onderskat, maak jy 'n fout. As jy dink jy is hoi-polloi, maak jy ook 'n fout. As jy dink jy is minder werd as 'n ander, of, as jy dink jy is meer werd as 'n ander, maak jy ook 'n fout. Die kans is dat deur meeste van die lewe, maak jy 'n fout. As jy oordeel, maak jy 'n fout. As jy, as 'n menslike wese, dink jy weet niks, maak jy 'n fout. As jy as 'n menslike wese, dink jy weet alles, maak jy 'n fout.
Dit beteken nie jy moet 'n middel van die pad-er wees nie. Dit beteken dat, ongeag van die hoogtes wat jy bereik, is jy nederig. Nederig beteken nie beskeie nie. Dit beteken jy is eg. Dit beteken jy het 'n idee wat Ek van jou vra. Nederig beteken nie laag nie. Dit beteken jy is so hoog dat jy nie jou waarde hoef aan te kondig of dit aan jouself te bewys nie. Jy hoef nie jou waarde uit te wys nie. Niemand anders hoef jou waarde te ken nie. Jy en Ek weet dit. Asof die res van die wêreld dit weet of nie is onbelangrik.
Hoè waarde bestaan nie in die erkenning van nederigheid nie. Nederigheid is glad nie wat jy gedink het dit was nie. Dit is verby trots. Om nederig te wees is om die meriete van die lewe te erken. Jy hoef nie die middelpunt te beklee nie. Jy kan dit vat as vanselfsprekend dat jy A+ in My boek is. Vertel My, liewe Een, wat nog vereis jy? 'n Bors-wapen? 'n Sertifikaat vir jou muur?
Jy vereis niks behalwe jouself as Een wat vir My gee en aan die wêreld? Jy gee Lig uit van die Hart van Jou Wese. Geen liedere word benodig in huldeblyk aan jou nie. Jy skryf die wêreld toe aan Sy Skepper, en jy dien, en jy dien.
Jy vereis nie eer nie. Jy vereis om te dien, en om goed te dien. Jy vra nie vir pryse nie. Om te dien is prys genoeg.
Jy kan onsigbaar wees vir al wat jy omgee. Jy soek nie vir regverdiging, aandag, of die spotlig nie. Jy vra net dat jy die Lig van die Wêreld is.
Sterre in die hemelryk skyn helder, en vra vir niks meer as om te skyn in diens tot die Heelal.
Jy is 'n ware Ster wat net vra om My Lig te reflekteer. Jy weet diep binne jou dat jy God-gegewe is. Jy vra dat jy die geleentheid gegee word om te gee.