God het gesê:
Kom Ons sê weereens dat wat jy sien as 'n afskrikmiddel tot jou gelukkigheid mag dalk 'n seèning wees. Daar is daardie aspek wat ingeskerp is van die verlede en die siening van die wêreld wat jou omring waarby jy reken wat 'n seèning is en wat nie. Wanneer jy selfs die moontlikheid kan erken dat 'n verwikkeling wat jy nie wou hè nie kan 'n seèning wees, dan seèn jy jou lewe.
Jy kom van 'n vooroordeel. Jy het twee standpunte. Jy noem een standpunt Pragtig en die ander Lelik. Jy noem een saak Goed en 'n ander saak Sleg, en die hele wêreld stem saam met jou. Hoe, dan, kan jy verkeerd wees?
Selfs so teenstandig as wat jy mag wees, in nagedagte, jy mag wel sien dat wat jy gedink nadelig was vir jou lewe het uitgedraai om 'n seèning te wees. Jy het deur hartseer gegaan en later gesien dat jy het jou hartseer gemors op wat later gewys het is 'n seèning in vermomming.
Jy het jou hart uitgehuil. As jy kon terug gaan in tyd, as jy kon instem om nie te ly nie, mag jy dalk met vreugde gespring het, omdat nou sien jy dat jy groter lyding afgeweer het.
Geliefdes, dit is nie te sê dat jy altyd waarde sal sien in alles op een oogopslag nie. Dit het al gebeur, alhoewel, dat die tekort aan sukses in 'n area wat jou gewond het so verskriklik het gering geword toe 'n groter tragedie gebeur het. Eintlik het die verlore sukses verskriklik klein vir jou geword. Dit wys weereens aan jou hoe relatief die lewe in die wêreld is.
In die kinderjare, wanneer 'n pop breek, is dit 'n tragedie. Dit maak seer soos 'n tragedie. Later in die lewe, hoef niemand jou te vertel dat 'n gebroke pop nie 'n tragedie is nie. 'n Tragedie is wat jy sien as 'n tragedie, en jy is geleer om tragedie oral om jou te sien.
Ek sê nie jy moet vrede maak met al die gebeure in die lewe nie, joune en ander s'n. Jy moet probeer om hartseer ligtelik te vat. Jy moenie voorgee hartseer is nie daar nie. Jy moet ook nie 'n heiligdom maak tot hartseer nie. Geliefdes, jy kan nie aan lyding vashou vir ewig nie.
Die Lewe mag nooit wees wat dit eens was nie. Jou hele familie mag van jou weg geneem word in een golf van die oseaan. Die Lewe sal nooit wees soos dit eens was nie.
Wees verseker Ek vra jou nie om voor te gee dat jy anders sien nie. Ek is nie hard van hart nie. Ek is nie onbewus van wat jy deur gaan nie. Jy het die keuse om te ly vir ewig en baie keuses tussen in.
Ek verstaan dat jy het ernstige aanhoudende hartseer ervaar. Ek sê ook dat dit niemand baat om daar te bly vir ewig nie. Lyding baat jou nie, en lyding baat nie daardie wat aangegaan het voor jou nie.
Bitterheid en verskeie soort van hartseer baat nie die Heelal nie. Maak nie saak hoe ondeurdag jou omstandighede mag wees nie, lyding baat lyding. Lyding is nie 'n dienaar van God nie. So ook moet jy nie kniel vir lyding in jou lewe asof jy 'n bidder en vervuller vir lyding is nie. Dit is nie jou rol in die lewe nie.
Daar is 'n tyd wanneer die enigste volgende stap vir jou is om lyding eenkant te sit. Jou geliefdes is betekenisvol en waardevol vir jou, tog lyding is nie heilig nie. Lyding is nie liefde nie. Hou jou liefde, en laat vaar lyding. Jy het genoeg lyding gehad. Lyding is nie 'n geskenk aan jou geliefdes nie. Liefde is nie bedoel om gelyk te wees met lyding nie. Stap uit lyding uit. Gee die lewe 'n kans om jou hart te hernu, jou pragtige hart.
Die Lewe mag seer wees, tog is die lewe ook die geneser.