God het gesê:
Daar is so baie in die lewe en boeke wat jy nie kan gryp in die palm van jou hand nie, en jy mag hou daarvan om met My te filosofeer oor die Lewe. Vele kere wil jy My verstand verander, omdat jy seker is jy weet meer as Ek, of jy mag selfs bevraagteken of Ek egter enige iets weet oor hoe dit is in die wêreld vir jou, 'n mens.
Jy mag sterk vas hou aan die idee dat Ek niks weet nie en dat Ek 'n tipe bedrog op jou pleeg. Of, as jy nie so dink nie, het jy dalk besluit dat 'n vriend of iemand wie jy gelees het of gehoor praat het, weet beter as Ek.
Beslis, alles is oop tot interpretasie, tog waar is glo in My te doen met populêre opinie of stemme en sulke tydelike sienings punte? Almal poog om homself te ken.
Jy mag 'n noodsaaklikheid voel om te glo in dit wat jou idees bevredig. Jy mag eerder glo in karma as verantwoordelikheid vir jou eie lewe. Jy mag wel glo in skuld eerder as onskuldig en straf in die hiernamaals eerder as vrede. Jy hou daarvan om te glo in dit waarin jy glo. Iets nie inlyn met jou gelowe mag lyk soos heiligskennis of eenvoudig iets te onhoudbaar of ongemaklik vir jou om mee te deel. In elk geval, vir 'n rede of vir geen rede nie, jy mag voel dat jy of iemand in die lewe wat 'n sterk opinie hou moet beter weet as God. Jy mag dalk voldoen aan ander standpunte en My idees onsmaaklik vind.
Die enigste manier wat idees kan verander is op hul eie. Jy kan nie nuwe idees op jouself oplê of ander idees onttroon van jouself nie. Jy hoef nie met My saam te stem nie. Dis okay. Dit is nie my bedoeling om oortuigings op jou te lê nie. My bedoeling is om jou nader aan My te bring en, daarvoor, om die lewe te leef deur hoër te reik met minder struweling, nie meer nie. Ek sal ief wees om jou te bevry om jou lewe te leef soos jy goed dink. Wat het teorie regtig te doen met die lewe wat jy lei?
Jy mag begeer om jou verstand te hou soos dit is, en dit is jou reg en voorreg. Dat jou opinie verskil of saamstem behoort aan jou. Jy hoef nie jou denke met Myne te pas nie. Jy is geneig om sekere maniere van dink waarvan jy hou te bevoorreg, en jy hou daarvan om by dit te hou. Dit is hoe dit is. Ek bied My idees aan jou. Ek bully jou nie. Jy is onder geen verpligting om te dink soos Ek dink nie en te sien soos Ek sien nie. In elk geval, Ek het gewil om jou Vrye Wil te gee.
By geleentheid, lyk dit of jy in enige iets sal glo eerder as Ek en wat Ek sê. Jy mag dalk glad nie glo in My bestaan nie! Almal het hul eie prentjie en begrip van My en is ook vry om te ignoreer hoe Ek die wêreld sien in respek vir iets anders. Ek staan nie op seremonie nie. Ek kyk nie vir prestasie deur jou nie. Ek kyk, eerder, vir 'n Vriendskap, 'n ontmoetingsplek dieper as geloof en verskil van opinie, 'n ontmoetingsplek waar Ons ontmoet verder as gedagtes en verder as een of ander hoek. Dalk kan Ons sê verder as politiek. Ons leef saam waar bewussyn groei. Dalk kan Ons dit 'n vergete Tuin van Eden noem waar liefde vanself vermeerder sonder 'n oogopslag tot diversiteit van denke.
Wat Waarheid is Waarheid, en Waarheid is, en Waarheid is Hoër as Denke. Opinies is soos kleure wat jy voor lief is. Jy het jou gunsteling kleure. Wat ookal Ons na streef, Ons lewe in 'n wêreld waarin Ons wens om vreugde en harmonie en liefde te skep wat styg om Eenheid te ontmoet vir ewig.
Wanneer daar liefde is, waar kan faksies bestaan?