God het gesê:
Jou hart is bedoel om sagkens te klop vir My. Verstaan dat jou hart klop vir My op My versoek. Vanaf die begin van tyd, het jou hart vir My geklop.
Ek soek nie gejubel nie. Ek is nie opgewonde nie. Ek versorg die lewe op 'n gelyke hartklop. As Ek 'n vorm en 'n fisiese hart gehad het, sal Ek steeds die wêreld dek in een tree. My hart sal klop met gemak en bestendigheid. Geen op en af nie. Ek is liefde, en Ek is ook Vrede. Ek is nie op-vlieënd nie. Geen konflik gaan aan in My hart nie, geen onrus, geen wanhoop, geen bewing.
My hart is 'n voortgaande spa. My hart ken net vriendelikheid.
Die ritme van My hart was gestel lank gelede in Oneindigheid. Bestendig is die klop van My hart. Na-aap My hartklop, hoekom nie? My hart klop nooit wild nie. My hart is nooit woes nie.
Jou hart mag dalk klop soos 'n dromme groep. Jou hart mag dalk temperamenteel wees, stygend en vallend na uiterstes. Jy mag dalk nie hou van om 'n middel-van-die-pad ou te wees nie, omdat jy heg waarde aan opgewondenheid tot die uiterste. Jy mag dalk 'n oorpresteerder van opgewondenheid wees. Sedert wanneer was die doel van jou hart om te presteer en die lewe hard te ontmoet?
Kom nou, sit terug in vrede in en rus in harmonie saam My. Ek leef in jou, tog sien jy gevaar. Eintlik, sien jy gevaar orals om elke draai, en jou hart word soos 'n perd wat baie vinnig gallop.
Dink om jou hartklop stadiger te maak. Mag vrede eerder as opgewondenheid jou ambisie word. Mag dit vrede wees wat jy soek, en mag dit vrede wees wat jy gee.
Jou hart is nie bedoel om 'n groot stormer in 'n oorlog te wees nie. So ook moet jou hart ook nie 'n selfoon wees wat jy moet laat aanhou laai nie. Jou hartklop bereik alles oralste soos dit is. Jou hart is ook nie 'n resies kar wat super-petrol en spoed benodig om 'n wedren te wen nie.
In Oneindigheid is daar nie resies nie. Daar is Wese. Jy is ook 'n burger van Oneindigheid. Sit in 'n wiegstoel op jou voorstoep in Oneindigheid en besugtig die gestresde wêreld waar een van jou voete in is.
Is jy gewillig om slegs te wees? Kom-wat-wil in die eksterne wêreld, sal jy toelaat dat jou hart terug te keer na sy natuurlike staat van kalmte? Onthou jy wat kalmte is? Jy hoef nie 'n vegter in die lewe te wees nie. Rus in vrede terwyl jou liggaam en Aard lewe geaktiveer is.
Gereeld, te gereeld, stel jy jou hart om 'n outydse alarm klok te wees wat hard lui en jou laat skrik. Vandag is daar stil alarms wat sagkens af gaan.
Jou hart moet nie af gaan op denke van gevaar nie. Sal jy die idee aanvaar dat jou hart tans af gaan die heeltyd, asof dit gejaag word deur 'n donker skaduwee? Jou hart is bedoel om stil te klop. Jy het 'n sê in jou hartklop. Verstel die klop van jou hart. Jou hart benodig nie drama nie. Jy het gedink dit het. Jy mag dalk gedink het dat jou hart lewe vir drama en dat drama was sy brandstof. Gee eerder vrede vir jou hart. Sing vir jou hart 'n lied. Gee jou hart gemak. Wees lief vir jou hart. Laat jou hart vrede kry. Gee jou hart rus in plaas van om dit te hoog te stel.
Wat ookal jou hart huidiglik op hete kole plaas, vertel hom 'n nuwe storie waar vrees nie bestaan nie. Vrees is 'n mors van jou hart en jou lewe. Moet jy na vrees luister as jy na liefde en vrede kan luister en goeie wil aan almal en aangaan op 'n gemaklike trant?
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"