God het gesê:
Hoe sal die lewe wees as jy goed word vir jouself? Hierdie is nie selfgesentreerd wees waarvan Ons praat nie. Dit is as jy aangenaam en verwelkomend aan jouself is, wetend dat jy moet vriendelik wees selfs aan jouself. Jouself nie vergewe, niks daarvan nie. Aanvaarding. Aanvaar dat jy steeds leer soos jy aangaan. Aanvaar dat jy nie alles weet omtrent die lewe en jouself nie en beslis verseker aanvaar dat jy nie als weet wat daar is om te weet aangaande die roetes wat ander moet vat of nie moet vat nie. Jy is nie die besluitnemer van 'n ander siel nie.
Jy weet nie alles nie. Nie naastenby kan jy begin om als te weet nie. Nou sal jy vind dat jy los oordeel en bravade en jy kom nader en nader aan Waarheid.
Dit mag gelyk het dat jy die reg het om jouself oor ander te plaas. Een groot les om te leer is dat jy hoef nie jouself te laat geld en bo uit te kom nie. Wat word bedoel om bo uit te kom in elk geval? Word bedoel om bo uit te kom dat jy moet jouself 'n wenner verklaar? Tot watter nut? 'n Aanval is nie 'n prestasie nie. Vir watter rede sal jy 'n ander mens aanval op enige dimensie van die lewe? Jy maak nie jouself groot nie. Jy maak jouself klein.
Ek verstaan dat jy moeg is om jou tong te byt. Jy is moeg vir almal wat blykbaar dink dat hulle weet meer en beter as jy en hulle vergeld hulle self en hulle staat van bewustelikheid oor jou. Liewe julle, die lewe was nie bedoel as 'n kompetisie nie. Daar is algemene grond. Niemand moet in die spieël kyk en homself as al-wys en alwetend en die mees slimste en mooiste van almal verklaar nie. So 'n skeiding is niks anders as prestasie nie.
Dit is nie net die arm man wat van die ryk man kan leer nie.
Met graagte, aanvaar jouself, en aanvaar ander ook. Dit word gesê dat jy moet ander aanvaar soos jouself. Jy wonder of jy dit kan doen sonder om jou integriteit uit te wis. Integriteit bedoel nie om iemand te verkleineer nie en ook nie om ander te verhef insluitende jouself nie.
Wat word bedoel met jy is jou broer se onderhouer? Wat beteken dit in jou lewe? Hoe onderhou jy jou broer?
Verseker, jy vat nie 'n ander se siel keuses oor vir jou om te maak nie. Jy moenie haastig wees om tot gevolgtrekkings te spring nie. Om jou broer se onderhouer te wees het meer te doen met jou God-gegewe self as iemand wat voor jou is. Begin jy om te sien? Daar is iets binne jou wat jy na moet omsien om te voed en te groei. Jou broer is gekoppel aan My net so gunstig soos jy.
Binne jou lê Grootheid onontgind. Die Groot Geestelikes was nie hoog en magtig nie. Beter wat Ek weet, hulle was nederig en mees verseker nie oormatig gehoorsaam nie. Glad nie. Hulle het nie hulle self Groot gemaak nie. Hulle het nie tot Grootheid gestreef in die bestaande wêreld. Hulle het begeer om nader te kom aan My en om My te dien, hulle bedoel om My Wil te doen. Hulle het My Wil leer ken. Hulle het nader aan My gekom, net soos jy nader aan My kom. Jou blykbare situasie en moeilikhede verminder nie die feit dat jy styg om My te groet nie, jy styg beslis. Leer om kondemnasie vir jouself te laat vaar.
Die uitdruk Goeie Heer neem 'n nuwe bedoeling aan. Seun van God neem 'n nuwe bedoeling aan. God se Wil neem 'n nuwe bedoeling aan. Bediening van Menslikheid neem "n nuwe bedoeling aan. jy is nie in bediening nie. Jy is in vryheid. Jy is verby jou eie reik.
Wat bedoel jou individualiteit nou? Wat is sy belanrikheid of onbelangrikheid? Ego kom nie meer in en neem 'n sitplek in jou lewe nie.
Waar het jy gegaan? Nêrens en orals.Jy is selfs nie eens meer seker dat dit wat jy aangeneem het of dat jy nog bestaan of ooit bestaan het nie.
So, waar is jy nou? Jy is by My waar jy nog altyd was. Ons is nie twee, maar Een.
"Geskryf deur Gloria wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"