God het gesê:
In die hele wêreld, is daar jy, en daar is Ek.
Vir jou, is dit asof Ons hang in ruimte, en tog het jy al goed-gehoor dat ruimte bestaan nie. Terselfde tyd vang jy nie heeltemal hierdie tydloosheid wanneer jou lewe, soos jy dit ken belaai iswaar met tyd. Daar is geen spasie waarin jy wens om in op te hoop nie en geen tyd waarin jy moet wikkel of wag om te wikkel in of tempo verander nie.
Wat jy regtig soek is Oneindigheid. Wel jy het dit alreeds aldus Oneindigheid kan nie regtig verkry word nie. Jy wil Oneindigheid ken. Jy soek Ongelooflike Oneindigheid asof dit in die palm van jou hand is. Maar Oneindigheid kan nie in die palm van jou hand wees nie, en kan ook nie vaag wees nie. Oneindigheid is baie werklik. Oneindigheid is die Werklike, tog, beslis, My kinders het die konkrete verward en het die verganklike gevat as werklik, waar Oneindigheid ewig is en die enigste werklikheid.
Dit is nie maklik vir jou om die Ongebondenheid van Oneindigheid te verstaan nie. Daar is nie regtig 'n woordeskat vir Oneindigheid nie. Hoe kan daar wees? Die woorde mag nog nie bewus wees nie, tog, beslis, Oneindigheid is Buite Taal. Die Oneindige is nie-spesifiek en is buite uitbreiding of vermindering. Oneindigheid ken nie van gebondenheid. Oneindigheid bestaan nie uit ruimte nie en so ook herken Oneindig ruimte nie, so ook bestaan Oneindigheid nie uit tyd nie of herken dit nie. Oneindigheid kan nie omskryf word nie. Oneindigheid is nie eindig. Oneindigheid is 'n baie mooi woord in watter taal dit ookal gesê word. Toe jy gebore was, het jy 'n Sin van Oneindigheid gehad.
Oneindigheid, kan Ons sê, is buite liefde, tog sal Ek dit nie sê nie. Oneindigheid sluit Alles in en tog dit sluit ook Niks in nie, en tog Oneindigheid bestaan, en Liefde bestaan in Oneindigheid.
Ons kan sê dat Oneindigheid bestaan in jou hart nou. Jou hart kan beskryf word as Oneindig, tog nie Oneindigheid of jou hart kan beskryf word nie. Daar is Een Hart in die hele wye wêreld. Ons deel dit, net soos Ons Oneindigheid deel, al is jy somtyds nie heeltemal bewus nie.
Oneindigheid is nie ver weg nie. Oneindigheid is reg hierso. Dit is so naby as naby kan wees, tog, in Oneindigheid, is daar geen naby en geen ver nie. Oneindigheid is nie opspoorbaar. Selfs so, Oneindigheid is jou Huis, tog Oneindigheid huisves niks behalwe Self nie. Nogtans, Oneindigheid is waar jy leef. Jy koester Oneindigheid.
Jy mag dink dat Oneindigheid wonderliker is as die Son. Wel, Oneindigheid is minder konkreet as die Son. Oneindigheid is Wonderliker as die Wonderlik, tog Oneindigheid kan nie beskryf word as Wonderlik nie. Oneindigheid het nie afmetings nie. Dit is onafmeetbaar. Dit kan nie opgebreek word nie. Dit kan nie opgesny word nie. Oneindigheid, wat nie beskryf kan word nie, lyk meer soos die algemene begrip van Innerlike Ruimte en tog Oneindigheid is glad nie ruimte nie. Jy is Oneindig. Jy lewe binne geheimsinnige onbeskryfbare Oneindigheid.
Maar, nee, daar is geen gedeeltes aan Oneindigheid nie. Oneindigheid is. Oneindigheid is groter as Heelheid, tog grootte kan nie toegeskryf word aan Oneindigheid nie.
As Ons moet probeer om Oneindigheid te beskryf, kan Ons sê dat Oneindigheid is ryk. Ons kan sê dit is Alles, tog sal Ons ook moet sê Oneindigheid is Niks nie. Dit is beslis niks wat jy jou vinger op kan plaas nie, en, so, jy kan ook nie jou vinger afhaal van dit nie, selfs soos jou vinger nie bestaan in Oneindigheid nie. Slegs in die relatiewe wêreld bestaan syfers.
Jy kan nie na Oneindigheid gaan nie, omdat jy IS Oneindigheid selfs al lyk dit of jy Aarde besoek en baie tale en woordeskatte ken. Dalk is Lewe op Aarde niks meer as 'n manier van praat nie.
Die naaste woord aan Oneindigheid wat Ek aan kan dink is Oseaan. Verseker, Oneindigheid is die Oseaan waarin jy swem, en tog is jy ver meer as 'n blote swemmer in die Oseaan van Oneindigheid.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"