God het gesê:
Sal jy met My saamstem dat liefde is jou natuurlike staat? Stem jy saam?
As liefde nie jou eerste reaksie is huidiglik nie, wat het ingemeng met hierdie natuurlike staat wat Ek jou gegee het vir veilige bewaring? Liefde is natuurlik want Ek het dit vir jou gegee. Ek het jou My Natuur gegee, en My Natuur is om te lief.
Die Liefde van Jou Hart word beïnvloed. Jou liefde het oorgeskuif. Jy mag voel dat jou liefde was weggejaag of weggeskop. Jou Geliefde Hart het seine ontvang dat jou liefde was dalk nie gewaardeer nie. Jy het inderdaad die boodskap ontvang dat liefde is nie 'n veilige roete nie. Jy kon nie seker wees of liefde vir jou uitgedeel was nie. Jy wou en wil jou liefde beskerm. Jy weet nie hoe om aan te hou om jou hart weg te gee nie wanneer jou hart rondgeskop is en nie gereeld gerugsteen word nie. Jy was geneig om jou Goddelike Hart apart te hou.
Dalk, daai tyd, wat ookal jy gedoen het was nie heeltemal reg of goed genoeg nie. Om goed te gewees het was meer belangrik as om jou lig van jou liefde te skyn. Jy het die harde manier geleer. Ja, jou hart het eenkant gegooi gevoel.
Ongeag van die verlede, dit is nou vir jou om weer met jou liefde gekoppel te word en liefde se sekuriteit te ken want jou hart, in Waarheid, is groter as die wêreld, groter as seerkry. Jou hart is so groot soos die Son. Jou hart het al die Lig van My Hart. Wat het jy gedink word bedoel met dat jy en Ek EEN is? Daar is EEN Son, en dit skyn Sy Lig op Alles ongeag van enigeiets.
Die Son skyn eweredig. Dit is presies hoe jou hart verlang om te wees.
Die Een Son hou nie Sy Lig terug nie. Die Een Son sê nie, "Hier, nie daar nie." Selfs al wil iemand nie die Sonlig hê nie, die Sonlig skyn. Wanneer daar menslike wesens is wat hulle vel bedek met materiaal of room, die Son skyn dieselfde. Daar is daai wat mag bang wees vir die Son, tog die Son skyn dieselfde. Die ontvangs wat die Son kry maak geen verskil aan die Son nie. Die Son se rol is om te Skyn. Die Son behandel almal dieselfde. Daar is daai wat regaeer in beswaar teen die Son, tog rol die Son Sy lig uit ongeag.
Selfs wanneer wolke die Son bedek, skyn die Son dieselfde.
Nou, kyk na jouself en die tye wanneer jou liefde nie gewaardeer of gevraagd is nie, moenie begin dink dat jy, die Son van Liefde, moet 'n dwaas wees om te skyn wanneer jy onwelkom voel. Die Son skyn nie net hier en daar nie. Die Son skuif aan. Die Son fokus nie op sy verwerping en huil daaroor nie. Die Son vat nie verwerping persoonlik nie. Beslis, die Son huil nie oor vermorste melk nie.
Die Son bly dieselfde en het, vir ja so baie jare, en mense sal groei na die Son. Jy groei na die Son. Die Son hou nie terug nie. Die Son verskaf Vitamiene D en hitte aan almal . Die Son sniffle en boo-hoo nie. Die Son in Sy Majesteit mors nie tyd nie.
Vandag, sal jy soos 'n nuut-gebore baba wees? Wanneer mense verby jou kom, sal jy almal groet met 'n glimlag? As jy voor gefrons word, wat maak dit saak? Die Son se Natuur is om te skyn, en so jy, soos die Son, skyn. Jy moet beslis nie stil wees en wag vir iemand in 'n kwaai bui om vir jou te glimlag nie. Die Son gee. Die Son gee Lig, en dit is die Storie van die Son.
En jy is die Son. Niks moet jou weerhou daarvan in jou vreugde om jou Lig te skyn op Alles nie. Vertel My, geliewe kinders, wat anders is daar vir jou om te doen? Om jouself weg te lê? Om jou Hart te skop en te kies om minder te wees as wat jy is? Jy is gebore in 'n herehuis. Reflekteer My, sal jy? Wees in jou Ware Lig.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"