God het gesê:
Jy leef onder My sambreel, weet jy dit nie? Jy lewe onder 'n groot sambreel wat die wêreld bedek. Dit is 'n Sambreel van Liefde. Jy kan nie uitgewerp word vanuit die sambreel nie. Daar is spasie vir almal. Daar is meer as spasie vir almal. Daar is liefde vir almal -- as jy net kan weet -- as jy dit kan voel en leef -- as jy maar net kan tevrede wees -- as jy net kan weet dal Liefde is Waarheid, en niks anders - hoe gelukkig jy sal wees.
Jy is bang dat liefde jou verlaat het. Jy ag dood as tekort van liefde. Jy dink dat jy nooit gelief was of nie genoeg gelief was nie. Die kern van die saak is dat jy jouself nie genoeg lief het nie, en so mag jy voel soos 'n eensame swerwer in die wêreld, geisoleerd en geisoleer van God en jou eie Wese.
Jy is eenvoudig onversoenbaar met wat voel vir jou soos verlating. Somtyds, in jou sin van verlies en onverhaalbaarheid, mag jy voel soos 'n weeskind in die Heelal. Dat jy vergete is, en ongesiend en ondergewaardeer is die lied wat jy sing. Baie van jou tyd op Aarde, voel jy so, en lewe in die wêreld blyk om dit te ondersteun. In werklikheid, jy is vinnig om al die bewyse vir hierdie verlating uit te wys.
Wat as jy jou aandag kon draai, selfs net 'n bietjie na 'n voordelige wêreld? Maar, dit lyk of jy voel jy is aan die genade van die wêreld oorgelaat en selfs geteister deur die wêreld. Jy hou styf vas aan jou oortuigings. Jy sou baie graag die wêreld wil verander, en, tog, jy sit jouself eenkant.
Jy verlaat die wêreld. Jy mag dalk weghardloop as jy net weet hoe. Jy sou daarvan hou om klaar te wees met die wêreld of dit vernuwe, as jy net geweet het hoe.
Wat as jy veilig is in die wêreld, net eenvoudig onder My Sambreel van Liefde. Wat as jy is? Wat doen jy dan om al jou tyd te mors op al jou soeke?
Ah, wat as jy kan leef sonder die teken van vrees? Wat as jy net kan leef in liefde sonder vrees van wat kan gebeur en leef in liefde sonder wanhoop van wat wel gebeur?
Dalk, ten beste, jy voel soos 'n soldaat wat die Aarde beswerf, gewond en moeg vir bakleiery. Wat as jy kan spesialiseer in vrede, en 'n Gewer van Vrede wees vir almal wat jy ontmoet?
Jy moet weet daar is meer tot die lewe as wat jy kan sien. Dalk laat vaar jy hierdie idee te vinnig, of, jy maak die opmerking, en dan gaan jy nie verder met dit nie.
Absoluut, daar is meer tot die wêreld as wat jy sien. My Sambreel wat jy onder is laat die Helder Son in en die Vallende Reën en die Koue en die Sneeu, en tog hou die Sy Sambreel jou veilig van wat jy dalk mag noem sterflike wonde. Dalk voel jy dat jou hart is meer as een keer deur-geskiet.
Meer as jou lewe leef, mag jy daarvan weghardloop. Jy vermy dit. Jy mag huiwer om te drink van die Fontein van Lewe. Jy sal daarvan hou om alles wat jy aanraak te ontsmet met 'n antibiotika lappie wat die supermarkte jou aanbied soos jy hulle betree. Jy mag wel nie wil drink van dieselfde skepper as al die ander in die Gemeenskap Fontein nie. En so mag jy jouself verder en verder verwyder van die Lewe in die Wêreld want jy vrees die risiko van die lewe.
Ek sê vir jou om in te spring in die Poel van Lewe. Spring in.
As jy 'n Goeie Lewe op Aarde soek, maak jou lewe goed. Hierdie is net die wêreld waarin jy leef. Dit is niks behalwe lewe nie. Moet dit nie los op die kant nie. Moenie ontevrede wees nie. Moenie die hoofweë en die by-weë vermy nie. Jy het 'n lewe om te leef, so leef dit. Jy is op 'n Reis van die Onbekende en die Onverwagse en Ek seën jou op jou pad.
Vat jou rugsak en gaan uit en soek jou fortuin. Jy is jou eie goeie fortuin. Jy is nie net 'n blote fortuin-jagter nie. Om lewendig te wees op Aarde in 'n liggaam is jou fortuin. Verseker, jy is 'n voetganger. Jy weet nie van elke stok of klippie op jou pad nie. Jy is, alhoewel, oppad.
Soek vir avontuur. Eis jou lewe as jou eie en onthou die Sambreel wat Ek oor jou hou waar ookal jou voete mag land.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"