God het gesê:
Los jou self alleen vir 'n bietjie. Ek vra jou dat jy sal op hou om op jou self te pik vir elke klein dingetjie wat jy doen en nie doen nie, of nie perfek doen nie. Aanvaar die algemeenheid van imperfeksie in die wêreld. Jy is nie apart van enige een nie. Almal het verbrou meer as een keer. Jy is goed, en laat jou goedheid die stêr wees wat jy volg. Jy hoef nie perfeksie te wees nie, nie in terme van die wêreld nie, jy hoef nie.
In Hemel los jy foute agter jou. Foute vind geen plek in Hemel nie. Jy is nie in Hemel om jou foute te hersien, so ook is jy nie op Aarde om oor jou lang lys van foute te gaan as of jy 'n versameling van hulle wil maak. Foute is nie Waarheid nie. Ah, die wêreld mag so sê. Die wêreld kan primêr net die een kant van die muntstuk sien. Die kant wat die wêreld tipies sien word feite genoem.
Die konkrete wêreld is gemaak van begrensheid waar jy gemaak is van eindeloosheid.
Luister, om in 'n begrensde wêreld te leef gaan jou sterk maak. Wanneer jy jou self in 'n put vind, het jy geen keuse as om uit te klim nie.
Jy is nie bedoel om jou self 'n pakslae te gee as of om jou self te sweep jou sal sterk maak en jou iets leer. Jy is nie 'n ongelowige nie, geliefdes. Jy hoef nie jou self te onthef omdat jy jou lewe so bes moontlik leef soos jy weet hoe op 'n bepaalde oomblik. Jy maak 'n paar foute, gewis. Dit was dan, en dit is nou. Nou kyk jy nie terug nie.
Jy groei elke minuut. Jy gaan hoog styg. Jy kan en gaan jou self verstom met al die verskuilde skatte wat jy is. Jy moet by nou al weet, al die skatte lê binne jou.
Moenie in foute grou nie. Ek het jou gevra om die verlede te laat gaan. Om te laat gaan beteken die teenoorgestelde van vas hou. Moenie jou self hog-tie en probeer om jou self te brand nie. Moenie 'n obsessie het met jou self nie. Jy is nie die Koning van Foute nie. Jy is regtig nie.
Kyk na jou sterk punte en jy sal hulle vermenigvuldig. Kyk na jou veronderstelde swakhede, en jy sal hulle ook vermenigvuldig. Die wêreld het 'n direkte objektiwiteit waarop dit baie trots is. In terme van jou self, jy is of in, of uit, in terme van die wêreld. Jy is altyd in met My.
Net 'n klein draai van die knop. Vat 'n loer van 'n ander hoek. Jy is nog nie klaar nie.
Ek het alreeds die storie van die klein verlamde seun genoem. Hy kon nie hardloop en speel soos die ander kinders nie. Omdat hy nie kon weg hardloop nie, moes hy sy man staan. Om verlam te wees het uitgedraai om 'n groot seëning vir hom te wees. Sy veronderstelde swakheid het hom sterk gemaak.
Almal het lesse om te leer, en leer sal jy. Jy leer nou. Vroeër of later, sal jy dit vang. Jy sal dit "reg" kry, selfs al lyk jou "reg" nie soos al die ander se "reg" lyk nie.
Hierdie is een rede hoekom jy nie wil oordeel nie. Jy mag dink jy weet, tog weet jy nie. Jy weet nie genoeg nie. Jy mag in alle opregtheid glo dat jy "reg" is, tog, mag jy wel die punt mis.
Aha, deur die punt te mis, is nog 'n manier wat jy leer. Nederigheid is een manier wat jy leer.
Daar is 'n magdom maniere wat jy leer. Deel van leer is ook om te ver-leer. Jy groei tot nuwe dimensies in jou persepsie. In elk geval, jy bly nie dieselfde as wat jy altyd was of gedink het jy was nie, omdat jy altyd besig is om te groei.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"