God het gesê:
Ek hoor jou sê:
"Liewe God, U is die basis van my Lewe. Waarvoor dan, moet ek smag? En, tog, ek smag en smag na wêreldse goedere en die vryheid van rykdom selfs al weet ek U is my rykdom. U is Groter as die Sleutel tot my rykdom en al my drome en al my begeertes.
"Ek het hier en daar gehoor dat dit nie waardig is om te smag na materieële dinge nie, dis ook onnodig om selfs te smag vir die liefde van 'n lewens vennoot en 'n familie en babas wat ek so na smag. Ek sal nie U liefde verruil vir enige iets nie. Ek het dit versigtig oordink. Ek kan nie, wil nie U liefde verruil vir enige iets nie. Ek is onbevoeg om U te verruil vir enige iets, selfs al is daar so baie waarna ek begeer. God, ek sal U nie verruil vir enige iets nie, selfs al kon ek. Ek wil nie U ruil nie, God.
"God, ek is nog nie seker dat Ons Een is nie, tog, voel ek nader aan U as wat ek ooit van tevore gevoel het. En, tog, die smag na prag en goedheid in die wêreld volg my. God, my versmagting kom op en wil nie weg gaan nie."
Geseënde Siel, jy doen goed. Jy hoef nie anders te wees as wat jy is nie. Ek is nie 'n God wat vra vir opofferings of selfs een opoffering nie. Ek vra geen opoffering van jou nie. Jy hoef nie enige iets op te gee vir my nie. Jy hoef nie een manier te kyk en nie 'n ander nie. Wees en kyk soos jy wil. As jy geheg is aan motorfietse, dan is jy geheg aan motorfietse. As jy begeerlik is vir 'n maat, hoekom mag jy nie wees nie? Wanneer jy begeerlik is vir drome, so sal jy wees.
Dink jy dalk dat jy ontrou is aan My as jy ander begeertes het? Dit is heeltemal perfek vir jou om te begeer wat jy begeer in die uiterlike wêreld. Die uiterlike wêreld het sy sjarme. Jy is nie hier op Aarde om die lewe se sjarme te verraai nie. Jy is hier om te geniet. Allermins, geniet.
Jou lewe in die uiterlike is nie vir ewig nie. Jy hoef nie enige iets aan My te bewys of aan jou self of aan enige een nie. Ek vra nie vir opofferings of bewys van jou of enige een nie. As iets 'n opoffering is moet dit dan nie doen nie. Om My lief te hê beteken nie jy moet iets opgee wat jou blydskap gee nie. Wat jou vandag blydskap gee mag nie altyd so baie vir jou beteken nie. Dan laat jy dit gaan. Dan sal dit van self gaan.
Wat jy na smag is gedagtes, en gedagtes kom en gaan.
Hoe sal jy van My wegdraai in elk geval? Jy is reg dat jy nie kan nie, so, wat is die moeilikheid? Hoe sal dit wees dat as jy 'n gelukkige lewe het, dit verraad teen My is? Sal dit 'n krisis wees vir jou of vir My, op 'n manier? Ek is nie 'n jaloerse God nie. Ek wil hê jy moet gelukkig wees. Jy hoef nie 'n praktisyn van een of ander soort te wees om My te pas nie. Ek is 'n Universele God.
Wees soos 'n klein kind. 'n Klein kind strek uit na 'n ratel of 'n kledingstuk of speelding na speelding. Is daar iets verkeerd met dit? In ieder geval, nabyheid aan My woon in die menslike hart. Jou hart is bedoel om bly te wees op Aarde. Nabyheid aan My is meer as 'n aksie of 'n prestasie. Ek is jou Een Bestemming. Daar is baie paaie na Ons Eenheid.
Laat Ek jou herhinner dat jy nie genadeloos is nie [Ek stel 'n punt op die kant dat Judas was nie genadeloos nie. Hy het agterdogtig geword. Hy het dit nie gewil om agterdogtig te word nie. Judas het te veel gedink en ook nie regtig gedink nie. Hy het die Een Wat Hom Lief gehad het uitverkoop aan daardie wat nie omgegee het vir hom nie. Beslis, Judas was jammer.]
Ek sê wel en Ek sê baie duidelik: Hê geen ander Gode voor My nie. Alhoewel, onkunde is nie 'n God nie. Om van die pad af te wees is nie 'n God nie. Daar is Geen Gode voor My nie. Dis so maklik. Wat kan op Aarde bestaan waarop Ek jaloers kan wees!
Dit is My wil dat jy gelukkig is op Aarde. Hierdie is die Vrye Wil wat Ek jou gegee het om te aanvaar.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"