God het gesê:
Daar is geen toeval, en geen ongelukke, tog is daar so baie ontmoetings in tyd en ruimte, so baie paaie wat kruis, so baie onwaarskynlike gebeure wat op 'n manier gederigeer word. Jy kan net verwonderd wees oor hoe so baie onmoontlike dinge bymekaar kom.
Feitelik, jy is seker dat daar is iets soos Wette van die Heelal wat moet bestaan wat sinchroniseer op so 'n manier dat dit nie kan gebeur het as dit nie beplan was nie. Jy sê vir jouself: "Ja Gode, wat is die kanse teen die moontlikheid dat iets so groot gebeur sonder die bestaan van 'n plan wat vooraf opgestel is en saamgebring is na 'n perfekte ontmoetings plek. Wonderwerke moet vooraf beplan wees. Hoe kan dit anders wees?"
Jy wil hê daar moet vryheid wees, tog is daar sekere gebeurtenisse wat jy nie wil hê moet enigsins wees nie.
Iets kan heelmoontlik nie gebeur nie, tog het dit. Iets meer as verbeelding gebeur. Dit is nie eens verbeelbaar nie, tog gebeur dit, en jy wonder diep hoe dit ooit kan gebeur sonder kans. By kans word bedoel willekeurig. Hoe kan willekeurigheid moontlik in als wees en nie net in enkele gevalle nie, wonder jy. Jy glo nie dat wonderlike gebeurtenisse willekeurig kan wees nie. Jy glo wel dat ongelukkige gebeurtenisse kan nie vooraf beplan gewees het nie. Dit is verstaanbaar dat jy so voel.
Tog hoor jy My sê alles is moontlik, maak nie saak hoe verregaande of onwaarskynlik. Jy hoor My sê dat daar is niks wat onmoontlik is nie. In die abstrak, hou jy van die idee.
Daar is honderde of duisende onmoontlike gebeurtenisse wat elke dag oral gebeur. Babas word gevorm en babas word gebore. Wat is die waarskynlikheid dat 'n baba gevorm word deur die saad van 'n pa en deur die eier van 'n ma in die eerste plek? 'n Miljoen of meer moontlikhede, en van al die moontlikhede, word die een kind gebore, hoe kan dit wees? Eintlik sou jy spot met die hele idee van babas wat vorm behalwe dat dit bewys is sedert vir ewig. Jy mag dalk wonder of verbaas wees, tog aanvaar jy dit.
Watter ongesiende neiging maak die een unieke kind gebore word en nie 'n ander nie? Jy wil nie hê dat jy, spesifiek jy, is gevorm deur kans nie. Jy wil verkose wees. Dit moet wees dat jy bedoel was om gebore te word, meesal, is jy bly jy is gebore, en, op 'n manier, nie jammer dat iemand anders in jou plek gebore was nie.
En dan vra jy jouself: Was daar ander soos Christus wat nie gebore is nie? Hoekom nie?!!
Wat van die briljansie van Einstein, byvoorbeeld. Hoe kan daardie unieke vorm bymekaar kom deur pure kans? Regtig, alle moontlikhede kan nie wees soos klein stukkies papier wat in die lug gegooi word.
Of, wat is die kanse dat 'n vis in water swem en aan die lewe gehou word deur die water wat buite hom is, en dit in kontras, die water wat 'n mens aan die lewe hou swem binne hom?
Ja, liewe julle, jy soek vryheid. Hoe jy vryheid soek, ten minste sê jy so. Terselfde tyd, wil jy verkose wees. Jy wil aangeteken wees op rekord. Jy wil alles hê, insluitende teenoorgesteldes. Jy wil alle geleenthede hê, en tog wil jy verkose wees.
Ek wonder of jy probeer om 'n logiese pad te volg. In die realms van God, mag logika nie geld nie. Logika, soos jy dit ken, mag niks met die lewe te doen het nie. Logika mag dalk nie so wonderlik wees soos die wêreld mag dink nie.
Jy hou daarvan om baie geleenthede in die wêreld te kry. Jy persoonlik soek geleenthede,en jy wil spesiaal verkies wees. Die waarheid is, as 'n reël, My liewe kinders wil alles hê. Dit is nie 'n slegte ding nie. Om te begeer dra by om die lewe die moeite werd te maak. Begering en moontlikhede gaan saam.
Ek vertel vir jou dat jy spesiaal is. Ek het jou gekies. Ek kies almal, insluitende jou. Jy was nie 'n kans nie. Nou maak jy jou weg in die lewe, en nou maak jy jouself die Groot Siel wat jy en Ek beplan het.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"