God het gesê:
My liewe kinders, somtyds voel jy dat jy 'n wantransaksie in die lewe gehad het. Wat gebeur as jy afgeskeep voel deur die Lewe, hierdie ongelooflike ding genaamd die Lewe, jy soek vir iets om te blameer. As die Lewe nie vandag by jou voete is nie, mag jy dit vat om te beteken dat jy die fout is. Dit is ego, geliewe vriende. Ego laat jou skuldig voel. Dan kan ego 'n goeie greep op jou kry.
Dit is so dat jy is nie die middelpunt van elke liewe dag se lewe soos dit verskyn in die wêreld nie. Het jy die idee dat jy veronderstel was om die hoof storie te wees? Is die dag bedoel om die dromme vir jou te slaan en die fluit te blaas, en vandag is net vir jou?
Onthou dat Lewe in die wêreld gaan oor kontras. Die Lewe verwelkom jou elke dag. Maar die Lewe verkondig jou nie elke dag as Koning nie. Niemand sit en beplan elke dag nie. Wat vir jou voorkom soos 'n opwaartse klim is slegs 'n deel van die Lewe. Vanaf die hoek wat jy die Lewe elke dag bekyk, gaan die Lewe nie altyd vir jou voorkom soos 'n ruiker vol pragtige rose nie. Op sulke dae, maak jy beswaar. "Fout", skreeu jy.
Beter om die Lewe op die kop te klop en murmur:
"Okay, Lewe, wat is op die agenda vir vandag? Wat is jou opdrag vir vandag? Nou, laat ons daarna omsien sonder verdere tyd vermorsing. Ons weet een ding verseker en dit is dat Jy, die Lewe, het na ons vandag gekom in hierdie manier, en dit is 'n dag om te groei. Ons menslike weses het dalk die dag gesien 'n sekere manier begin, tog is dit nie 'n verlies nie. Ons is nie omgegooi nie, en ook lê ons nie ons gees laag nie. Ons mag dalk 'n seer voet het of klippe word na ons gegooi, tog maak ons die meeste van die dag soos dit vir ons aangebied is.
"Ah, die dag eindig op 'n ver beter wyse omdat ons Jou gegroet het en omgesien het na vandag se Paaiement van die Lewe, en nou seën ons onsself met 'n goeie nag rus. Ons sit die dag agter ons. Ons weet nog nie wat more inhou nie. Wat ons wel weet, liewe Lewe, is dat more ons dag is, en ons sal dit vir jou politoer. Ons weet nog nie watter skatte sal vir ons bekend gemaak word nie. Wat ons wel weet, is dat dit ons dag is om te vervul, red, kalmeer, Jou te troos en te help deur dit. Lewe, ons sal bo ons besware uitstyg. Ons het 'n kontrak geteken dat ons sal liefde gee vir en omsien na hierdie dag, en so sal ons.
"Dit is die hoek vanwaar ons die dag sal benader, kom reën of sonskyn.
"Ons maak nie te veel van wat ons dag na lyk nie. Ons maak nie 'n ophef nie. Ons, as vennote, Lewe, ons, gaan af na U toe. Wat ook al die weer, ons styg na die geleentheid, en ons rys bo ons verlede. Ons verwelkom U elke dag want dit is ons dag om U te verwelkom. Lewe, hierdie is 'n dag wat na ons gekom het al die pad vanaf die Heelal. Dit het na ons gekom en wag voor ons.
"Lewe, Jy en ek, dit is goed dat jy kom elke dag soos jy doen. Hierdie dag hoef nie perfek te wees in ons oë nie. Dit is ons dag om U te verwelkom, en ons gaan aan met dit. As Jy vandag honger na ons toe kom, dan voed ons Jou. Lewe, as Jy baie sorg nodig het vandag, gee ons jou daardie sorg.
"Bo alles, vat ons nie jou dae te ernstig nie. Daar is nie reëls wat ons moet volg nie. Ons vat ons dag van waar dit begin, en ons parkeer ons dag in die motorhuis saans. Vandag, hang jy hier uit vir ons tot more, vir elke dag bring Jy ons 'n nuwe dag. Ons vee enige blare weg vandag, en ons begin nuut. Ons klop ons dag op die rug, en ons gaan aan. Lewe, ons maak dae goeie dae. Dankie Lewe, vir hoe jy ons vandag ontmoet."
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"