God het gesê:
Jou blydskap is jou eie vrygewigheid aan jouself. Jou blydskap kom vanaf binne jou. Dieselfde is waar vir ongelukkigheid. Jy is jou eie draer van blydskap, en so is jy jou eie draer van ongelukkigheid. Jy is die held, en jy is die skuldige. Moenie enige een fouteer nie, minste van almal jouself. Moet asseblief nie aanhou met jouself nie.
As jy van jou perd af val, is jy die een wat af val. Nou is jy die een om jouself op te tel. Daar is niks om te berou nie. Daar is geen blaam om te vermeerder nie. Selfs al gaan daar ‘n klapper af en verskrik jou perd, is daar niemand om te blameer nie. Verwyder die woord blameer van jou woordeskat, en sien hoe vining die wêreld, soos jy dit sien, terugtrek en oopmaak in ‘n wyd uitgestrekte venster. Wees vining om die kieskeurige wêreld te omhels.
Die wêreld, soos ‘n beskuldigende onderwyser, mag sê:”WIE HET DIT GEDOEN?” En dit maak jou sidder.
Oh, die wêreld mag beskuldigend wees, tog is daar geen persentasie in beskuldiging.
Dalk het jy weg gekyk vir ‘n oomblik. Nie ‘n goeie persoonlike kwaliteit nie, maar nie ‘n misdaad nie. Geen misdaad is gepleeg teen jou of iemand anders nie. Almal is onskuldig. Iets kom op wanneer dit op kom. Moenie beskuldigings vir jouself, of na ‘n ander gooi nie.
Dit is nie vir jou om tonele van die verlede te herhaal nie. Skuif aan na die volgende toneel. Vee die verlede uit. Dit het alreeds verby gegaan. Wat maak jou dink aan oortreding? Dit is nie tot enige een se voordeel om rekening te hou van oortredings en jou visie klein te maak nie.
Stem saam dat hoe jy reageer op die lewe in die wêreld hang af van jou. As daar iets is om voor te sorg, sorg vir dit. Skuif na die volgende bladsy. As jy melk gemors het, het jy melk gemors. Vee dit op nou. Geen misdaad is gepleeg nie. Die mors van melk is niks meer as ‘n fout nie. Foute is foute. Geen een moet aangeval word vir ‘n fout nie. Jy is wyser as wat jy eens was. Is dit nie nou ‘n rede vir feesviering?
Wie het ernstige gekonfronteerde dissipline ontdek? Erns is onderste bo liefde wat nie op enige een geoefen moet word nie. Totdat jy perfek is, moenie perfeksie van ander verwag nie. Beoefen liefde eerder. Liefde is ‘n baie praktiese saak. Wanneer daar genoeg liefde is, dan is daar geen oënskynlike behoefte vir streng dissipline nie. Liefde is beter en baie meer prakties.
Om te verstaan, kom van liefde. Liefde maak jou regop oop. Liefde is geregtigheid, geliefdes. Wees lief vir mekaar, en daar is geen verbeelde behoefte vir geregtigheid. Daar is geen behoefte vir gierigheid van hart nie. Ja, daar is behoefte vir vrygewigheid van hart. Korreksie is nie wonderlik nie. Korreksie mag ‘n gevoel van magteloosheid en bitterheid bring. Daar is nie meriete in bitterheid om te vermeerder nie. Liefde tref die merk. Liefde maak alles reg, solank die liefde opreg is. Bitterheid is om terug te gee dit wat jy glo jy gekry het.
Liefde is nie ‘n soort oordrewe sentimentaliteit. Dit kan wees dat liefde is om te gee, voor die tyd. Sekerlik, liefde is om te gee. Liefde gaan voor tyd en voor jou onmiddelike spanning en stress.
Liefde hou nie rekord nie. Liefde stel nie reg nie. Liefde benodig nie ‘n getekende kwitansie nie. Liefde sal oor en weer spring op sy eie. Liefde is lief om te lief. Liefde is vreugde. Regstelling is nie vreugde. Om reg uit te kom mag dalk nie ooreenstem met wat jy dink reg is nie. Liefde is nie onder dwang nie.
Liefde offer van ‘n vrye hart. Laat harte vry wees. Liefde vra nie: ”Wat ‘n fyn ketel vis is dit?”
Liefde vra: ”Laat my liefde wees. Mag ek niks ken behalwe liefde nie. Laat my liefde naby en ver bereik. Laat my liefde die wêreld lig. Laat my liefde ‘n skynende Son wees vir almal om te ontvang, ongeag enige agendas.
Wat anders is daar vir jou om te begeer as dit wat die wêreld verhef.
“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”