God het gesê:
Daar is 'n gedreun in jou hart wat jou na My toe roep. Dit is onvermydelik dat jy wel na My toe sal kom. Dit is My Wil, en dit is ook joune dat jy na My toe kom. Ons het ooreenstemming. Maar jy is die besluiter van wanneer. Andersins, is daar geen besluit nie.
Ek gooi My lyn in die see in, en jy styg op. Jy swem op na My toe en sê: "Hier is ek."
Ek sê, "Hier is jy."
Slegs in jou gedagtes was jy ooit weg van My. Dit was illusie dat jy ooit enige plek was anders as by My. Dit is 'n onmoontlikheid dat jy enige plek anders is of dat daar enige ander plek is wat bestaan waar jy moontlik kan wees. Slegs in jou verstand het jy afgewandel.
Eintlik, het jy weggedryf. Jy het nie gewerk om ver weg te dryf nie. Jy het eenvoudig net gedryf, opgevang in die staaltjies van 'n Dag in Menslike Lewe. Jy is 'n Goddelike Wese wat jou vingers dribbel in die water aan elke kant van jou kanoe.
Op 'n ander keer lê jy op die gras en kyk op na die lugruim daarbo, en jy sien dat dit is goed.
Somtyds het jy dit wat jy sien as onrus. Onrus is vervaardigd. Met rukke, voel jy asof jy jou pad verloor het. Jou pad is saam My, en dit is verseker. Daar is geen wegkom van dit nie. Ons kan sê dat Ons vir Mekaar gemaak is, en dit is waar. Skeiding tussen Ons het geen substansie nie.
Nog 'n dimensie van die storie is dat Ons is Een in elk geval. Jy was vasgemaak aan 'n idee dat Ons kyk in mekaar se oë wanneer, in Waarheid, Ons kyk deur dieselfde oë. Jou lense is besmeer. Kom Ons maak hulle skoon nou.
Ek sê vir jou dat jou oë is so duidelik soos My hart. Niks sal nou inmeng met jou duidelike visie nie. Sprankelende water is duidelik. Jy is goed in staat om nou ver en naby te sien. Kyk uit My oë uit. Jy restoreer jou hart, en jy restoreer jou siel. Jy verfris jou oë sodat jy sal sien soos Ek sien.
Jou oë kyk oor 'n veld van vreugde.
Hoe naby jy is aan dit wat jy noem Verligting. Daar is niks om by jou gevoeg te word nie. Hou 'n intensie. Jou intensie en Myne is dieselfde. Al wat oorbly is vir jou om jou intensie te volg reguit na My Hart wat uitroep na jou, en jy hoor vaagweg. Dilly-dally nie meer nie. Kom hier. Hit, hit, hit.
Of, dit is okay as jy wil blomme pluk langs die pad. Dit is goed, en jy is goed. Daar is geen gejaag nie, maar spring tot dit. Daar is geen tyd, en daar is geen tyd om te mors nie. Kom nou na My in 'n knip van 'n oog.
Die orkes gaan begin. Die musiek saal is stil. Almal wag vir die crescendo om te begin. Daar is 'n gedruis wat gereed is, en die leiding is gereed, en jou Verligting gaan nou begin. Hoor die musiek.
Dit lyk of die Lewe van een tak na 'n ander gaan of van die vlug van een of ander voël.
Hier is die Ware Storie:
Lewe in die wêreld is altyd gereed om te begin. In die wêreld, lyk dit of die Lewe aangaan in rukke en stote, 'n staccato van die Lewe.
Ewige Lewe, alhoewel, hou nooit op nie. Dit is aangaande. Ewige Lewe het nooit 'n oomblik se asem weggevat nie. Jy was aan die voorpunt die hele tyd. Die musiek wat Ons maak hou nooit op nie. Jy was nog altyd lewendig en geswem in die Oseaan van My Liefde. Altyd is dit so.
Illusies fluister vir jou. Draai na My. Hoor Waarheid en kom saam My.