God het gesê:
Om waar te wees teenoor jouself beteken om nie jouself sleg te sê nie. Wees jou Ware Self, dan vereer jy My, die God Wie jou die Wese gemaak het wat jy is - die Pragtige Wese wat jy is.
As jy nie jouself sien as 'n Pragtige Wese, dan het jy jouself mislei. Luister na My eens en vir altyd: Ek maak Pragtige Weses, niks minder nie. Jy is 'n Pragtige Wese wat Ek gemaak het.
Dit wil lyk of te veel van My kinders luister na afgewaterde weergawes van hulself in verstand en hart. Dit is nie nederigheid wat jou sê om van jouself as min te dink nie. Kom nou, Ek spandeer nie My asem op minder nie. Menslike Weses is meer, nie minder nie.
Daar is 'n gewoonte vir My Grootste Weses om hulself te sien as minder. Dit is nie beskeidenheid nie. Dit is dom-hartigheid. Dit is ligsinnigheid. Dit is 'n vorm van ego wat bloos en sê: "Naw, ek is nie goed genoeg nie."
Ek sê jy is Ver Groter as goed genoeg. Ek maak nie so-so mense nie. Ek maak God-Weses. Ek het jou 'n God-Wese gemaak. Dit maak nie saak of jy self-verheerlik is deur dit nie. Wat het jou opinie te doen met jou Siel? Hou in gedagte wat is noodsaaklik, en wat is nie. Wêreld perfeksie is nie die storie wat vertel nie. Wêreld perfeksie is nie die lied wat sing nie.
Ek maak nie has-beens nie, lees jy My? Ek maak nie verlore siele nie. Ek maak Weses. Ek maak God-Weses.
Onskuldige diere bevraagteken nie hul perfeksie nie, omdat hulle diep tevrede is met hulself. Hulle vra nie: "Hoekom dit, en hoekom dat?" Hulle aanvaar hulself as My Diep Geliefdes.
Hoekom is dit so moeilik vir jou om dit te aanvaar? Jy mag na My kyk as siniel, asof vir My te sê: "HA HA, God, Bewys aan my wat U sê." Jy lig jou ken op, sit jou hande op jou heupe, asof om te sê: "God, Ons albei weet U kan dit nie bewys nie."
In werklikheid, sekere van My kinders sien hulself as skuim van die Aarde. Wie het jou geleer om so te dink? Jy het dit iewers geleer. Jy is gebore met vertroue en in vertroue sonder enige bespotting van wat Ek gemaak het.
Ek wonder of jy dink twyfelagtigheid is slim, en onskuldigheid is nie? Gooi twyfelagtigheid weg want dan is jy slim. Optimisme wen neerslagtigheid enige dag.
Dit is nie 'n goeie idee om jouself negatief te maak of enige iemand anders in die wêreld negatief te maak nie. Hoekom sal jy met jouself of enige iemand anders raas? As jy die wêreld waarin jy leef sleg gesê het - hou nou op. Ontbind van negatiwiteit. Skep harmonie in jou eie verstand.
Kom van 'n plek van Stilte. Sing 'n wysie wat die vibrasies van die wêreld oplig. Jy kan nie die wêreld hoër oplig as wat jy is nie. Die Heelal kom nie af na jou opinie van dit nie.
Ek sê jy is 'n pragtige roos in 'n roostuin. Pragtige rose sny nie hulself met hul dorings nie. Pragtige rose staan trots, tog flous hulle nie hulself dat hulle alles weet nie.
Weerhou van die illusie dat jy alles weet en jouself ag slimmer as die Skepper. Aspireer jy regtig om die Groot Kritikus van die Heelal te wees? Aspireer om hoflik te wees.
Moenie die Heelal plunder nie. Pasop vir die hoek van waaruit jy die Heelal waarin jy leef bekyk. Inspireer hierdie wêreld van Ons.
Beter om 'n niks-wetende as 'n dink jy weet-alles te wees. Trouens, jy weet veel meer as wat jy jouself krediet voor gee, en, so, nou, seën die Heelal.