God het gesê:
Baie van My kinders het alles wat hulle nodig het in die fisiese wêreld -- en meer.
Dit kan jy wees. Jy mag dalk net nie genoeg het van alles wat jy wil hê om jou smaak te vul nie. Ja, dit is in-gebou dat jy meer en meer begeer. Terselfde tyd, om meer te begeer is nie bedoel om dieselfde te wees as moet het nie en, dus, jou laat skyn in ontevredenheid.
Jy het skuiling, jy het kos, jy het ten minste 'n bietjie liefde. Jy het net nie alles wat jy wil hê van dit wat jy wil hê wanneer jy dit wil hê nie, omdat jou ambisie mag groter wees as wat jou hand kan reik.
Jy mag dalk vis van die see wil hê, maar jy bly binne-lands. Dalk wat jy regtig wil hê is om na die kus te trek. Dit is fyn om begeertes te het. Weet wat dit is wat jy regtig wil hê.
Daar is ook vele in die wêreld wat veel minder as jy besit. Baie wat minder as jy besit mag ook meer tevrede wees met dit wat hulle het. Dit is ook moontlik dat ander met minder mag dalk ook meer vrygewig wees as wat jy tans in staat is om te voel.
Somtyds is jy so geneig om iets op 'n rak in 'n winkel te koop -- jy kan nie jou oë stop nie.
Jy mag gelyk wees met die begeerte om meer te bekom. In terme van jou, om meer te wil hê is gelykstaande om meer nodig te het. Geliefdes, begeer is een ding. Behoeftigheid is 'n ander. Moet hê maak jou behoeftig. Om behoeftig te wees verf nie 'n goeie prentjie van jouself nie. Dit verf 'n swak prentjie. Behoeftig is nie die manier om van jouself te dink nie.
Om tevrede te wees mag wel 'n groter behoefte wees as al die items op jou lys.
Geensins vra Ek dat jy moet opgee op jou begeertes sodat jy edel kan wees nie. Ek vra jou nie vir opofferings nie. Beslis, jy hoef nie te besluit hoe min jy jouself sal gee sodat jy 'n ideaal of enige iets kan bewys nie. Jy hoef nie die mees armste persoon in die wêreld te wees nie. Jy kan jouself spasie gun in jou lewe. Ek vra jou nie om deur te skraap nie.
Jy moet ook nie 'n magdom van fisies besittings te moet hê en gelok te word na meer en meer aankope nie. Daar is iets dieper as 'n aankoop waarna jy smag. Fisiese besittings kan nie dit vervang waarna jy regtig smag nie, nie vir lank in elk geval nie.
Daar is ander areas in die lewe in die wêreld verby dit wat jy volgende wil koop. Meesal alles wat jy koop is 'n droom in elk geval. Jy hou daarvan om te dink dat 'n nuwe aankoop jou iets meer sal bring as die presiese voorwerp vanself.
Wanneer jy parfuum koop, wat is jou droom? Wanneer jy 'n nuwe kar koop, wat is jou droom? Wanneer jy 'n nuwe huis koop, wat is jou droom? Wanneer jy 'n klein juwelierstukkie koop, wat is jou droom?
Voorwerpe vervul 'n kortstondige iets vir net so lank. Wat is dit binne jou wat sê jy moet dit het, en jy moet dat het asof hulle op 'n manier noodsaaklik is vir jou geluk?
Geliefdes, wanneer jy ware silwerware begeer, herhinner jouself dat iemand moet dit poleer.
Daar is 'n mate van vreugde vir jou in die koop, tog die realiteit gee jou nie baie vreugde na dit nie. Daar is altyd iets anders wat jy na smag om 'n leegheid in jou te vervang wat 'n nuwe voorwerp nie kan vervul nie. Waarna verlang jy?
Somtyds sit jy meer op jou bord as wat jy regtig kan eet.
Die proses van 'n verruiling maak met 'n ander mag jou nader bring na iets wat jy nie die naam van ken nie. Jy oorhandig geld, en iemand oorhandig 'n aankoop vir jou. Dit moet wees dat daar meer is wat aangaan as wat op die oppervlak is. Die vreugde is in die sport en nie die prys nie.
Daar is vreugde vir jou in inkopies. Die vreugde in die inkopies is ver meer as enige voorwerp wat jy saam jou huistoe neem. Wat vul die voorwerp in voor in jou lewe?
Wat dieper doel probeer 'n addisionele aankoop dien wat dit nie kan nie?