God het gesê:
Vrolikheid. Voeg 'n bietjie vrolikheid by jou lewe. Gooi af die gewig van die wêreld wat jy op jou skouers dra. Daar mag geen einde wees aan die rotse wat jy saam sleep nie. Presies waar het jy die idee gekry dat swaartekrag swaar op jou moet hang? Wel, maak nie saak waar jy die idee gekry het nie -- laat vaar die idee eens en vir altyd.
Laat vaar, nie verantwoordelikheid nie, maar bekommernis. Jy is wel-bekend met bekommernis. Jy ken al die inne en uite van bekommernis. Jy ken bekommernis agtertoe en vorentoe. Jy is waarlik 'n deskundige van kommer. Jy ken kommer intiem. Jy het bekommernis gememoriseer, asof kommer die antwoord was tot alles. Bekommernis is 'n knaag. Sedert wanneer was knaendheid enige goed vir enige iemand? Wanneer was dit ooit?
So, nou vra Ek jou om lig van hart te word. Jy het 'n akkumulasie van bekommernisse -- nie om te sirkuleer -- maar om weg te bêre waar hulle uit jou pad is. Jy kan altyd nuwe bekommernisse optel as jy wil, tog hoekom op Aarde wil jy?
Prop vrolikheid in jou hart dieselfde manier wat jy in die gewoonte was om bekoomernisse in te prop. Bekommernisse is soos 'n komper-virus wat sal aanhou om jou te pla meer en meer. Eintlik, moenie vrolikheid in jou prop nie. Wees net eenvoudig oop tot dit.
Dink aan dit wat jy van hou om te doen en wat jou plesier gee. Wat maak jou lag? Jy is geregtig om te lag. Ek vra jou weer, Wat maak jou lag?
Wat laat jou glimlag? Waar vind jy jou hart gelukkig? Met diere? Om langs 'n dam te sit? Die vraag is: "Waar vind jy 'n bietjie gelukkigheid langs jou pad?"
Wat sal jy jouself offer vandag wat jou selfs 'n oomblik se geluk gee? Wat se oomblik van geluk kan jy jou man of vrou bied vandag? aan elk van jou kinders? aan almal wat jy ontmoet?
Hoekom nie jou aandag aftrek van bekommernis nie? Al wat jy hoef te doen is om jou fokus te verander van "Sulke bekommernisse," na "Ek gaan kapitaliseer op vreugde."
Eerlik, wat het geword van jou sin vir humor? Ten minste, jy kan lag vir hoe ernstig jy jou bekommernisse opvat, asof jy jou lewe maak van bekommernisse, asof bekommernisse jou plesier sal gee somtyds. Nie maklik nie.
Ja, vervang jou bekommernisse, groot en klein, met 'n lag of twee. Wat gee jou plesier, maak dit gebeur. Jy hou daarvan om na die sonsopkoms te kyk? Jy kan die sonsopkoms elke oggend sien. Jy kan 'n foto van dit vat en daarna kyk. Jy kan 'n afspraak maak met 'n sonsopkoms of 'n sonsondergang of mid-dag.
Jy word hiermee beveel om vrolikheid in jou hart en lewe te roer vandag. Doen dit net. Net soos jy melk moet optel by die winkel, tel vrolikheid in jou lewe op. Jy het te veel swerwende bekommernisse gehad. Jy het die verkeerde dinge verbeel. Verbeel 'n bietjie plein en eenvoudige vrolikheid en voeg dit by jou lewe.
Maak 'n punt daarvan om jou te seën elke liewe dag van jou lewe sonder uitsondering.
Ah, ja, die klein dingetjies. Gee dit vir jouself. Gee vir jouself daardie oomblikke waar daar 'n drukkie van geluk in jou hart is. Beplan sommige van daai. En dan sal jy meer spontaan aangetrek wees tot hulle, en hulle sal aangetrek wees tot jou.
Raak aan 'n boom. Asem vars lug in.
Wanneer was die laaste keer wat jy oor 'n tou gespring het? Wanneer was die laaste keer wat jy na jou hand gekyk het en dit bewonder het?
Gaan voort en doen iets dom as dit is wat gedoen moet word om jouself net 'n bietjie vreugde te gee. Daar is geen manier wat jy meer vrolikheid kan het en dit nie kan aanstuur aan ander nie. Jou sin vir bekommernis is altyd aangestuur. Nou, geen meer fronse oor moontlike mis-avonture nie. Sien uit na dit waarna jy uitsien en gryp meer daarvan. In inkrimente is goed. Jy hoef nie die hele pasty te het nie.
Luister aandagtig. Hierdie is nie om die lewe te vermy nie. Hierdie is die lewe leef. Maak jouself tot goeie nut. Maak vrolik.