God het gesê:
Jy hoef nie so emosioneel te wees soos jy is nie. Ek praat nie van hoe baie jy of hoe baie jy nie jou emosies uitdruk nie. Of jy nou jou emosies vir jouself hou of nie, jy het hulle. Jy het 'n oormag van hulle. Liefde, wat meer is as emosies, lig jou lewe op. Alles, behalwe liefde, trek jou af 'n kerf of twee. Jy weet wat dit is om swak te voel met emosies. Enige iets wat nie liefde is nie, is minder, verstaan jy. Hou in gedagte dat ek nie praat van liefde as 'n emosie nie. Liefde is sy eie ding en verby kategorisering.
Al die emosies wat jy in een dag ervaar ontwrig jou blydskap. Jy sou gelukkig wees sonder hulle. Jy sou gelukkig wees as jy nie geskok was nie, teleurgesteld, ontsteld, ontnugter en so voorts. Selfs al het jy nie so opgewonde en plesierig geraak nie, sou die lewe makliker wees. As jy net nie deur elke wind wat waai geskud was nie. As jy maar net nie. As jy maar net die vrede van liefde by jou hou en die bewustheid dat wat ook al gebeur, dis als reg, selfs al, volgens jou, dit nie is nie. Daar is 'n magdom dinge wat jy onvanpas beskou, verkeerd, ondraagsaam en so voorts.
Iemand het op jou blomme getrap. Iemand trek, wat hulle gedink onkruid was, uit, en hulle was jou gunsteling blomme, en jy is suur. Dit kan nie reg wees dat dit gebeur het, en jy mag reg wees omtrent dit. Nie te min, jy moet aangaan en moenie dat afwaartse gedagtes jou aftrek nie. Jou tuin was op getrap, maar moet jou hart ook wees? Moet jy dan op jou hart spring, dit onderdruk, provokeer of laat ly?
Wat ook al gebeur hoef jou nie af te trek nie. Maak nie saak hoe ernstig 'n saak is vir jou nie, jy moet 'n manier binne jou vind om dit te laat gaan. Jy moet 'n korter geheue het, geliefdes, wanneer dit kom by dinge wat jou jou vreugde ontneem in die lewe. Selfs die baie ernstige gevalle moet verdamp, soos hulle definitief sal.
Daar is so baie in die wêreld wat jy sien as vreeslik. Jy mag die verloor van jou beursie so ernstig vat soos om 'n ledemaat te verloor. Jy kan baie gevalle op 'n dag vind wat jou weerhou van jou regmatige geluk. Die nommer van klein en groot sere 'n dag is baie. Ons moet iets omtrent dit doen.
Dit voel vir jou somtyds dat jy geen vel het om jou te beskerm nie. Jy voel somtyds dat jy geen beenstruktuur het om jou op te hou nie. Asseblief, hou op om jouself te sien as 'n swakkeling wanneer dit kom op die dinge wat jy sien as aanvalle op jou lewe. Jou lewe is joune. Dit is nie vir iemand anders om aan te pik nie. Jou lewe hoef nie aan die genade van die gebeurtenisse rondom jou lewe oorgelaat te word nie. Dit moet nie wees nie, anders sal jy gewond wees elke keer. Sien jy hoe jy jouself wond?
Jy is nie 'n emosionele swakkeling nie. Jy is 'n Sterk Wese. Jy sou nie so ver aanhou lewe het as jy nie sterk was nie. Daar is net 'n te groot tydsverloop tussen 'n gebeurtenis en jou herstel daarvan. Jy weet jy sal herstel. Jy het nog altyd. Jy is nie so weerloos as wat jy dink nie, jy is net stadig om bo dit uit te styg. Kom ons bespoedig jou herstel.
Stel aan jouself: "Ek is sterk in die Lewe. Ek word nie meer so rondgewaai soos van te vore nie. Elke klein naald prikkel hoef nie my vel te breek nie. Wat ook al gebeur, ek laat myself toe om net die prikkel te voel vir 'n klein rukkie, en dan vind ek iets anders om op te fokus. Wanneer ek nie aan iets anders kan dink nie, dan dink ek aan God. Bewustheid van God en bewustheid van probleme kan nie hulself onderhou terselfde tyd nie. Dit kan nie gedoen word nie, en ek kan dit nie bekostig nie. Ek sal opkyk na God. Ek kan nie dom wees en aanhou afkyk na dit wat my pyn veroorsaak nie. Wel, beslis, ek was so dom, en nou kies ek om God-gedrewe in plaas van gebeurtenis-gedrewe te wees. Ek ontslaan nou al my kreupelende emosies. Ek is klaar met hulle. Ek sê aan hulle, "Gaan Weg!" En dan gaan ek aan vorentoe.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"